JC@M13

Dit was so funny, ek was by ‘n fancy partytjie op ‘n wynplaas. Almal was op die grasperk en het daai cheap disposable koffiebekertjies gebruik, die van karton- soos ‘n Seattle take-away.

Toe kom die eienaar van die wynplaas met wat hy noem sy beste wyn ooit; ek dink dit kos R3500 per bottel. Hy’t toe 4 mense gekies wat elkeen ‘n glas mag kry.

Die eerste haas stap toe vorentoe en was al so gekuier dat hy sy dekseltjie op sy bekertjie los en niks van die wyn kon in nie! Die tweede dude se kind het met sy koppie gespeel en onder vol gate gedruk met ‘n stokkie, soos die wyn ingeskink word loop dit toe deur en toe die ou wou drink, toe’s die glas leeg. Die derde persoon was ‘n meisie wat verskriklik baie hou van goeie wyn, sy kom van Stellenbosch af. Sy’t opgestap om te ontvang, maar haar koppie was actually nog propvol met die duur Kanonkop wat sy by ‘n kontak gekry het. Needless to say daar was nie plek vir die nuwe wyn nie. Laaste stap ‘n jong tiener meisie vorentoe, haar koppie was oop, haar koppie was heel en sy’t plek gehad in haar koppie. Sy was op die ou end die enigste een wat toe van die eienaar se spesiale wyn kon drink.

Om drama en suspense te spaar: een persoon was toe, dalk nie dom nie maar geslote, afgestomp. ‘n Ander persoon was vlak en gebreek. ‘n Derde was te suksesvol en konnie prioritiseer nie. Net een was oop, gesond, wys en het ontvang.

Die groot vraag in die oorbekende storie is: wat is die wyn? Wie is die wyn… En dan natuurlik, hoe desperate is ek vir die wyn, hoe gereed is ek vir die wyn? Hoeveel stories moet ek nog hoor voor ek lus en gereed raak?

Of dalk vrek ek met ‘n mix van Oros, Tassies en Vergelegen in die hand.