Reënboog Aversie

Die wêreld trek laer. Soort soek soort as natuurlike dier-drang. Mense gee op en kyk af, hulle kyk in. Die reaksie om onder stres arbitrêre raakpunte en gemeenskaplike vyandighede te skep is oeroud en oorbekend. Ons maak ‘n ‘ander’ om ons eenersheid te kweek. Die ironie is dat die ander ook eenders is. Daar’s soveel meer menslikheid wat ons band bind eerder as buig, wat ons verhoudings brug eerder as breek. Party mense gee eerlik en openlik op, party mense kyk na en lag vir die haan wat kraai terwyl hulle kies om dit wat hulle aan die lewe hou te laat doodgaan. Party mense sê hulle het nie tyd vir die sentimentele of emosionele nie, maar daai standpunt, of knielpunt, is die mees emosionele van als, want dis ‘n hartsbesluit om ‘n ego te beskerm van pyn en ‘n verstand te beskerm teen harde werk. Mense lag die reënboog uit, asof ons dit reeds probeer en gekry het, asof die pot goud ‘n pot kak was. Maar die pot stront is ons halfhartige, wanhopige poging om saam te soek na die begin, never mind die einde van die reënboog.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *