K@k Praat (explicit language warning)

As ander aanhou afkak gaan die kak spat.
(Afrikaner verduideliking van white privilege in ons konteks)

Dis maklik om op iets te kak… jy moet net ‘n posisie inneem waar jy jouself hoër of verhewe bevind, en dan moet jy jou binneste, lelikste, stinkste, laat uitkom.
Soms voel mense kak, omdat hulle bekak is en nie omdat hulle self deur die kak is nie. Party is in die kak maar dis ‘n ander windgat, slapgat se kak.

My tesis is dat ons wit mense die meeste kak aangejaag het en ander in die kak laat beland het, nou moet ons skoonmaak. Ons moet ons nie afvee hieraan nie, maar ons moet skoonmaak en reg maak en mooi maak sonder om doekies om te draai. Behalwe om ou harde kak skoon te krap moet ons net heel eerste seker maak ons hou nou op om nuwe warm slap kak te veroorsaak en ons moet ophou om ander mense uit te kak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *