Draai of Braai

As tiener was ek bietjie ywerig en dalk te fanaties op ‘n snaakse manier. Ons ken die konserwatiewe kerkstories van draai of braai.

Met nog ‘n publieke vakansie dag om die draai kan ons alweer kies hoe ons ons dag gaan inrig. Party van ons het op 24 September gebraai om eenheid te bewerk, maar as ons eerlik kyk sou ons sien dat meeste vure maar homogeen was. (Wat terloops nie beteken geen homos nie) Ander het gebraai omdat die werk met diverse erfenis te harde werk is. Die vraag van wie sit om jou vuur bly brandend relevant.

Voor Kersfees vier ons advent, voorbereiding vir dit (of Hy) wat kom. Met 16 Desember om die draai, stel ek ‘n n mini-advent voor vir Gelofdedag: tyd om te reflekteer oor die dag wat voorlê, of eintlik agterlê.

Ons menslike geneigdheid to rassepolitied moet nooit ons geloof oorskry nie.
Vergeet van vierkleur vlag, ou vlag, rooi wit en swart vlag, van deesdae se oranje en groen vlae.

16 Desember:
Dit wat ‘n gelofte was as danksegging moet nou ‘n gelofte word van berou en bekering. Dis tyd.
As kinders het ons belowe met ons ‘ere-Voortrekker woord’ met die hand op die Bybel. Dis nou tyd om daai Bybel oop te maak en te lees, om daai hand in ons sak te steek en om die eerbaarheid van ons woorde te herstel.

Ons moet ons bekeer van ‘n Bloedrivier waar Zulu’s ons vyande was. Vandag se 16 Desember is ‘n nuwe gelofdedag, waar ons jammer sê en dankie sê. Ons se jammer oor die geweld. Ons sê dankie dat ander kleure en kulture vandag ons broers and susters kan wees, dankie dat ons nie hoef laer te trek nie.

Die krag van die Gelofde was nog altyd God. Die bloed van Zulus is egter vervang met die bloed van God as Kind.

Hoe profeties is die herbenaming na dag van versoening, vir die van ons wat in ‘n Madiba glo wat in die Midde Ooste geloop het 2000 jaar gelede: die Groot Versoener.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *